Die geleentheid is deur haar vriendin Eva Longoria en die celeb-haarkapper Ken Paves gereël. Sy het die foto van haar wat in toiletpapier toegedraai is op Twitter met aanhangers gedeel.

Die partytjie is by Butterfly Bar in Hollywood gehou en al wat ’n ster is was daar, onder andere Nicole Richie, Selma Blair en Demi Moore, berig mirror.co.uk.

Victoria Beckham se ooievaarstee

Die stylvolle mode-ikoon het voor die ooievaarstee getwiet dat hulle haar aangeraai het om iets waterdigs aan te trek. “Ek is nou baie op my senuwees”, het Posh getwiet.

Ná die tyd het sy darem gesê dat sy baie pret gehad het. Sy en haar man, David Beckham, verwag hul babadogtertjie in Julie. Die egpaar het reeds drie seuns, Brooklyn (12), Romeo (9) en Cruz (6).