Supermodel Lily Aldridge is swanger met haar en haar rocker-man, Caleb Followill, se tweede kind, maar moenie glo dit weerhou haar van die loopplank nie! 

In die vyfde maand van haar swangerskap het die beeldskone Victoria's Secret-engel by die New Yorkse Modeweek vir die ontwerper Brandon Maxwell op die loopplank verskyn. Getooi in rooi het sy omtrent die koppe laat draai.

’n Swanger Lily Aldrige. FOTO Instagram/ Lily Aldrige
Lily Aldridge in aksie. FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Sy is nie die eerste swanger model op die loopplank nie. 

In 2016 was die Russiese model Irina Shayk op die loopplank vir Victoria's Secret toe sy 'n paar maande swanger was.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Die Italiaanse model Bianca Balti het in 2015 by 'n Dolce & Gabbana-vertoning met haar bababoep gespog.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

In 2011 was die Brasiliaanse model Alessandra Ambrosio óók swanger op die loopplank vir Victoria's Secret. 

FOTO Getty Images/ Gallo Images

En hier pronk die beeldskone Australiese model Miranda Kerr in 2011 op die loopplank terwyl sy vyf maande swanger is.

FOTO Getty Images/ Gallo Images