7de Laan en Binnelanders. Paula en Daleen. Noem die´ SA sepies en hul sterre anders; noem hulle eenders. Maar een ding is seker, aktrises Diaan Lawrenson en Desire´ Gardner het al lank die land en sy kykers in die palm van hul hand. In ons Augustus-uitgawe is hulle in ons kollig – vir die eerste keer sa´a´m.

Fanie Cronjé, SARIE se styl en sosiale redakteur het die volgende te sê oor die dag van die fotosessie:

“Dit was besonder lekker om met Desiré te kon werk. Dit was haar eerste fotosessie met SARIE en sy bring 'n nuwe energie wat verkwikkend en uniek is. Sy is 'n ware aktrise in murg en been en sy het die voorblad-shoot soos 'n rol aangepak. Ek dink sy is 'n aantreklike vrou met fassinerende kwaliteite in haar gesig: onskuldig, weerloos en sterk. ’n Mens kyk na haar en kyk om weer te kyk.

Diaan is net eenvoudig asemrowend. Vandat ons haar die eerste keer afgeneem het is ek eenvoudig versot op haar. Haar superster-kwaliteite is onmiskenbaar en sy het saam met SARIE gegroei. Gesofistikeerd, jonk in haar wese en met hope talent.

Ek het geweet hier is 'n voorblad wat gaan aandag trek. Ons wou die stilering vars, modern en tydloos hou.”

Hier is ’n kykie agter die skerms