Jill Middlekop, bekend vir haar rol as Jansie in Egoli en sangeres van Shine4, het haar kenmerkende bos hare kort in 'n pixie-styl afgesny.

"Ek wou al lank al my hare sny, maar net nie die moed gehad nie," vertel Jill oor dié letterlike kopskuif.

"Ek het ook geweet ek sal dit nie in 'n bob kan sny nie juis omdat dit te wild sou wees. Maar eintlik het ek dit gedoen vir 'n simboliese rede," sê Jill.

Om 40 te word

10690283_10152877461385420_184394687686445534_n Jill met haar nuwe haarstyl by haar man Richard Craig (FOTO: Facebook)

"Ek het laas week 40 jaar oud geword. Dis nuwe tyd en hoofstuk in my lewe. En op 'n ligter noot, in Kaapstad wou my dik bossie kop nooit droog word in die winter nie!"

Jill en Didi Kriel is besig met 'n reeks jazz-konserte hulle in en om Kaapstad doen.

525775_10150675367416761_577519741_n Jill en haar man, Richard Craig, se troudag (FOTO: Facebook)

1531561_10152876513505420_5770259077758600220_n Jill, Richard en klein Donna (hul byna 2-jarige) op Jill se 40ste verjaardag (FOTO: Facebook)

1916524_1288225373706_784826_n Jill en die groep shine4 (FOTO: Facebook)