Die gewilde akteurspaar Anel en James Alexander deel foto's van hul Amerikaanse werksvakansie met SARIE.com.

Anel en James doen dit alles - skryf, vervaardig en speel self in televisiereekse en flieks. Hulle is onlangs na Los Angeles om die Amerikaanse filmmark te besoek om te kyk of hulle hul fliek Semi-soet oorsee kan versprei en nuwe kontakte kan opbou vir hul opkomende projekte.

Al was hul werksvakansie meer werk as besigheid (hul toer is deur die departement van handel en nywerheid geborg), kon hulle darem ou vriende opsoek wat nou oorsee woon en werk. Hulle het ook die Amerikaanse Halloween ervaar en het  kostuums vir dié geleentheid aangetrek.

Anel en James praat oor saamwerk en kinders kry

Wie het hulle besoek?

  • Neil Sandilands – wat saam met Anel in 7de Laan gespeel het en ook al die verhoog met James gedeel het.
  • Frank Rautenbach en sy vrou Leigh. Frank het ook in 7de Laan gespeel.
  • Josette Eales – sy het James se sussie in The Wild gespeel.
  • Theo Landey en James deel al jare die verhoog
  • Marguerite Wheatley – van Egoli en Invictus-faam

Anél en Neil by 'n Halloween-partytjie Anel en Neil by 'n Halloween-partytjie

Anél en James was betyds om in die Halloween-pret te deel. Hier is hulle saam met Neil en 'n vriendinAnel en James was betyds om in die Halloween-pret te deel en het aan die jaarlikse Halloween-parade op Santa Monica boulevard deelgeneem. "Dit was insane! Die Amerikaners gaan GROOT met Halloween en daar was letterlik duisende mense in die strate met kostuums. Dit is ’n ongelooflike feestelike, prettige atmosfeer," het Anel gesê.

James en Josette James en Josette

"Ek was mal oor Santa Monica! Dit het nogals so Kaapstadse atmosfeer, maar sonder die berg!"

Die Runyon Canyon is ’n groot park met ’n steil helling waar baie bekendes elke dag gaan draf en met hulle honde stap. "Van bo het jy ’n pragtige uitsig van LA én jy kan die Hollywood-teken sien" sê Anel.

Anel is opgewonde oor 'Thor'  se premiere Anel is opgewonde oor 'Thor' se premiere

"Een oggend vroeg wou ek en James gaan koffie koop, maar ’n groot gedeelte van Hollywood boulevard was afgeblok vir die Thor: The Dark World-première. Die hele straat is in ’n rooi tapyt-area verander en die mense het al van vroeg oggend uitgekamp met die hoop om die sterre te sien. Dit was mal! Hulle kom gereed met hulle kampstoeltjies en plakkate, iets om te drink en te lees en dan sit hulle heeldag en wag."

James en Anél geniet middagete saam met Theo James en Anél geniet middagete saam met Theo en geniet regte Amerikaanse burgers

Anel by die ingang van die American Film Market Anel by die ingang van die American Film Market waar die meeste van hulle vergaderings was.

VIDEO: Anel en James praat oor hul nuwe televisiereeks en hoe dit is om saam te werk PLUS is kinders in die toekoms?