In 2008 het die wêreld Knox en Vivienne op die voorblad van People ontmoet – die pasgebore tweeling van die Hollywood-sterre Angelina Jolie en Brad Pitt.

people
People

Die goue paartjie se paaie het intussen geskei, en die tweeling het saam met die res van die Brangelina-kroos uit die kollig verdwyn.

Gister het Knox en Vivienne egter weer ’n verskyning op die rooi tapyt gemaak, as yslike groot tieners! Hulle het saam met hul beroemde ma en ouer susters, Zahara en Shiloh, die première van die animasiefliek Dumbo bygewoon.

LOS ANGELES, CALIFORNIA - MARCH 11: Angelina Jolie
Angelina Jolie, Knox Leon Jolie-Pitt, Zahara Marley Jolie-Pitt, Vivienne Marcheline Jolie-Pitt en Shiloh Nouvel Jolie-Pitt FOTO Getty Images / Gallo Images
shiloh
Shiloh FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CALIFORNIA - MARCH 11: Angelina Jolie
Angelina Jolie, Knox Leon Jolie-Pitt, Zahara Marley Jolie-Pitt, Vivienne Marcheline Jolie-Pitt, en Shiloh Nouvel Jolie-Pitt. FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - MARCH 11: Angelina Jolie, Shilo
Angelina Jolie, Shiloh en Zahara FOTO Getty Images / Gallo Images

Die gesin is duidelik lief vir fliek! Angelina het onlangs ook saam met die hele gesin die Netflix-drama The Boy Who Harnessed the Wind gaan kyk, en die kroos was saam by die bekendstelling van die dokumentêre film Serendipity.

NEW YORK, NEW YORK - FEBRUARY 25: Angelina Jolie w
Angelina saam met Knox, Vivienne, Pax, Shiloh, Zahara en Maddox by The Boy Who Harnessed The Wind FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NEW YORK - FEBRUARY 25: Angelina Jolie a
Angelina Jolie en Vivienne by The Boy Who Harnessed the Wind FOTO Getty Images / Gallo Images