Arnold Schwarzenegger se 20-jarige seun, Patrick, is deel van ’n pragtige nuwe veldtog vir die luukse handelsmerk Tom Ford. Arnold en Maria Shriver se Patrick is saam met die swemklere-model Gigi Hadid te sien in dié veldtog, wat in al die groot internasionale modetydskrifte verskyn. Gigi is ook die kind van ’n celeb. Haar ma is die realiteitster Yolanda Foster van The Real Housewives of Beverly Hills-faam.

patrick Schwarzenegger

Patrick, wat ook ’n student is, het al ’n paar modelkontrakte losgeslaan - onder meer vir Hudson Jeans. Hy het ook sy eie klere en bykomstigheid-reeks saam met twee vriende én doen bewusmaking vir gesondheidskwessies soos kanker en Alzheimer-siekte.

En die kenners voorspel dat Patrick nog diep spore in die modewêreld gaan trap.

Dié bekendes se kinders ook modelle

Bronne: Vanity Fair en Wonderwall