Ballade vir ’n enkeling het kykers in die 1980’s voor die TV vasgenael gehou. Nou keer dié reeks uit die pen van Leon van Nierop terug – as ’n rolprent. Daar is natuurlik nuwe gesigte wat die karakters in die film vertolk, maar wat het geword van die akteurs wat in die TV-reeks te sien was?

’n Fliekweergawe van dié geliefde storie word in Maart 2015 op die silwerskerm vertoon, en talle van die nuwe akteurs was in die 80's nog kinders.

Ons het gaan kyk na wat van die akteurs in die TV-reeks geword het, en hier's 'n paar feite:

Gavin van den Berg (Jacques Rynhard in Ballade vir ’n enkeling)

Gavin het sedert sy hoofrol in Ballade vir ’n enkelingnooit ophou toneelspeel nie. Hoekom nie?

"Jy verryk jou siel. Jou kommunikasie met mense is seker die belangrikste op aarde - dis jou respek vir hulle en hul respek vir jou. Dis waarvoor jy werk in die lewe," het Gavin aan Pasella gesê toe hulle hom vra hoekom hy lief bly vir toneelspeel.

Dié veteraan-akteur se mees onlangse verskynings was in die TV-reekse Amalia, Charlie Jade en Plek van die vleisvreters.

Kyk hier om die nuwe Jacques Rynhard te sien.

Alwyn van der Merwe (Jean-Paul Otto in Ballade vir ’n enkeling)

Alwyn het lankal die akteurslewe verruil vir die sakewêreld.

"As akteur was ek altyd hiperkrities oor my eie werk. Ek moes iets vind waar ek myself kon uitleef en gelukkig wees. En ek dink ek vind dit in die sakewêreld," het hy aan Pasella vertel.

Karin Fourie, née Retief (Carina Human in Ballade vir ’n enkeling)

Veteraan-aktrise Karin speel deesdae veral die rol van die ma-karakter. Sy het die kompeterende ma in die fliek Hoofmeisie vertolken die oorbeskermende ma in Bakgat.

Shareen Swart (Meisie Moolman in Ballade vir ’n enkeling

Shareen het nie net aangehou met akteurswerk nie, sy is die stigter en hoof van PALI (Performance Art Lifestyle Institute), ’n instelling waar voornemende akteurs opleiding kan kry.

Selma Spies, née van der Vyver (Lena Aucamp in Ballade van ’n enkeling)

Selma het haar akteursvernuf land-uit geneem. Sy het Amerika toe geëmigreer, waar sy kinders leer toneelspeel en kinderteaterproduksies aanbied.

André Roothman (Emile Human in Ballade vir ’n enkeling)

André het sedert die 80's se Ballade vir ’n enkelingnooit ons skerms verlaat nie. Hy was al in 7de Laan, Verraaiers en die film Wolwedans in die skemer. Hierdie Suid-Afrikaner het selfs in die Amerikaanse film Home Alone 4 gespeel.

David Vlok (Jonathan Wright in Ballade vir ’n enkeling)

David het ook al ’n internasionale akteursrol losgeslaan in Jackie Chan se film Who Am I? Hy was ’n Suid-Afrikaanse sepiester wat vir 13 jaar die rol van Tim Voster in Egoli vertolk.

Richard van der Westhuizen (Wynand de Swardt in Ballade vir ’n enkeling)

Richard is vandag ’n gevestigde figuur in die Afrikaanse vermaakwêreld as musikant en akteur. Hy het onder meer in 7de Laan gesig gewys.

Marie Pentz (Trudie Linde in Ballade vir ’n enkeling)

Marie het ná 25 jaar ’n string rolle onder haar belt. Die Fishy Feshuns-ster het verlede jaar in die rolprent Lien se lankstaanskoene gespeel.

Brümilda van Rensburg (Alicia Fransche in Ballade vir ’n enkeling)

Brümilda het 1974 se Mej. Wêreld, Anneline Kriel, opgevolg as Alicia Fransche in die tweede seisoen van Ballade vir ’n enkeling.

Brümilda is vandag ’n huishoudelike naam in Suid Afrikaanse TV en drama. Sy is nou in die TV-reeks Binnelanders.

Lees hier om uit te vind hoekom ons dink Brümilda is een van SA se stylvolste vroue.

Cobus Rossouw (Lood Burger in Ballade vir ’n enkeling)

Veteraan-akteur Cobus was al voor Ballade vir ’n enkeling’n gevestigde naam in die dramawêreld. Hy is getroud met die aktrise Sandra Kotzé.

Sy mees onlangse sukses is sy rol in die 2014-kortfilm, Faan se Trein. Die film het 9 toekennings ontvang by kykNET se Silwerskermfees.

As jy wil sien of die nuwe akteurs in Maart 2015 se filmweergawe van Ballade vir ’n enkeling die voormalige akteurs se skoene kan volstaan, kan jy solank die lokprent kyk:

https://www.youtube.com/watch?v=j2uM0InbwFA