Danksy gesigmaskers en ander skoonheidsbehandelings is bekendes se velle stralend en vlekkeloos, berig E! Online. Hulle is ook nie skaam om foto's met hul aanhangers te deel terwyl hulle hul velle versorg nie. 

Lady Gaga het dié foto met ’n lip-masker wat haar lippe bevogtig en voller laat voorkom, gedeel.

FOTO: Instagram ladygaga FOTO: Instagram ladygaga

Die sangeres Katy Perry se oë staan sommer uit in dié foto waarin sy ’n gesigmasker aan het .

FOTO: Instagram  katyperry FOTO: Instagram katyperry

"Ja, dit werk!" sê die ikoniese Madonna oor dié masker, wat deel van haar eie MDNA-velsorgreeks vorm.

FOTO: Instagram  madonna FOTO: Instagram madonna

Die realiteitster Kim Kardashian het (soos altyd) een stap verder gegaan met dié bloederige vampier-gesigmasker.

FOTO: Instagram kimkardashian FOTO: Instagram kimkardashian

Bron: E! Online

Lees nou