Gisteraand was die bekendstelling van die jaarlikse juweel-tydskrif Shine/Skitter, en die wenners van PlatAfrica 2015 is by die geleentheid aangekondig. Bekendes soos Elma Smit, Paul Rothmann en Candice Boucher het saam gekuier.

Dis was gisteraand die aankondiging van die jaarlikse PlatAfrika-kompetisie wat uitnemendheid in juweliersontwerp bekroon. Dit word aangebied deur Anglo American. Vanjaar se kompetisie het gefokus op platinum-juweliersware vir troupare en is geïnspireer deur die ryklik versierde juweliersware wat Indiese bruide tradisioneel dra. In dié kompetisie is ’n afdeling vir studente en een vir professionele juweliers.

Die wenner in die studente-afdeling was Karin Niehaus van Jack Friedman Jewellers.

Die professionele kategorie is gewen deur Bhekithemba Ngema van Ben & Co Designs.

Meer info by: www.angloamericanplatinum.com

Alle foto's deur Phyllis Green