SARIE het in Julie verlede jaar berig dat Ireland Baldwin, die dogter van Kim Basinger en Alec Baldwin, ’n gesig is om dop te hou. En nou, minder as ’n jaar later, is die 17-jarige besig om groot naam vir haarself te maak. 

Sy het ’n kontrak met die bekende IMG Models geteken en het onlangs haar eerste foto-sessie met The New York Post gehad – dieselfde koerant wat haar pa vroeër die jaar beskuldig het van rassistiese aanmerkings teenoor ’n fotograaf. 

Alec Baldwin

Tot dusver is Ireland bekend vir haar bekende ouers – sy was die twispunt in hul morsige egskeiding én in 2007 is ’n telefoonboodskap waarin Alec sy dogter toesnou aan die media gelek.

Maar nou het die tafels gedraai en Ireland wil haar eie paadjie oopkrap. Sy het in die onderhoud met The New York Post dit duidelik gemaak dat sy haar eie kop gaan volg.

Ireland Baldwin

Wat sy ook besluit, een ding is verseker met reeds meer as 30 000 mense wat haar op Twitter volg én haar eerste foto-sessie agter die rug, gaan ons nog baie van Ireland sien ....