Jessica Simpson en Maxwell

Aktrise Jessica Simpson het onlangs dié foto van haar dogter Maxwell, of Maxi soos Jessica haar kleinding noem, op Instagram gedeel. Maxi en haar pa, Eric Johnson, speel heerlik op die strand. Hy gooi selfs die blonde dogtertjie hoog in die lug in - maar ons weet darem hy kan haar vang, want hy is ’n professionele Amerikaanse voetbalspeler.

Só lyk Jessica Simpson na tweede baba

Maxi en haar pa, Eric Johnson FOTO: Instagram (@jessicasimpson) Maxi en haar pa, Eric Johnson
FOTO: Instagram (@jessicasimpson)

Karlien en die tweeling

SA sangeres Karlien van Jaarsveld het ’n soortgelyke idee as Jessica gehad. Karlien is op die oomblik in Sun City saam met haar gesin vir die naweek se SAMA-toekennings en het dié tyd gebruik om haar tweeling, Daniël en Eliah, "strand" toe te vat - selfs al is dit dan nou nie ’n regte see nie!

Karlien se CD "Uitklophou" is vir ’n SAMA benoem in die afdeling vir die beste pop-album in Afrikaans.

Sean & Carla Else by hul rugby-span

Die Afrikaanse sanger Sean Else het ook ’n tydjie gelede sy hele gesin strand toe geneem en die mooi foto's op Facebook gedeel. Kyk net hoe breed glimlag sy vrou, Carla, saam met hul drie seuns Vaughn, Caylem en Daniel.

"My koningin en haar prinsies..." het Sean op Facebook geskryf FOTO: Facebook "My koningin en haar prinsies..." het Sean op Facebook geskryf
FOTO: Facebook

Nog van Sean se strand-foto's

Minki, Ernst en Katerien in Florida

Die model en TV-persoonlikheid Minki van der Westhuizen en haar rugbyspeler-man, Ernst Joubert, het vroeër die jaar ook hul eersteling see toe gevat. Baba Katerien het te kostelik gelyk op die foto's wat Minki gedeel het van hul vakansie in Florida in Amerika!

Minki en Ernst se dogter Katerien speel op die strand FOTO: Instagram (@minkivanderwesthuizen) Minki en Ernst se dogter Katerien speel op die strand
FOTO: Instagram (@minkivanderwesthuizen)

Minki en Ernst verwag hul tweede kleinding

WAT IS JOU EERSTE STRAND-HERINNERING? Los kommentaar onder dié artikel of deel dit met ons op Facebook of Twitter, of e-pos Elmari.deVos@media24.com