Die aktrise Bertha le Roux het onlangs saam met haar ma, Griet, suster, Lianti Muller, en vriendin Monique McIlhargey liefdadigheidswerk in Zambië gaan doen. Dié 4 vroue het die reis vol uitdagings saam aangepak. Bertha gesels met SARIE.com oor haar ervaring.

"My ma doen al vir ’n paar jaar dié uitreik na Zambië en vanjaar het ek saamgepiekel. My suster, Lianti, woon in Kanada en haar kerk het finansieel bygedra om die Impact Zambia-opleidingsentrum in Itezhi-Tezhi te bou. Dié sentrum is deur lede van die gemeenskap gebou, want die idee is om die plaaslike inwoners te bemagtig deur hulle vaardighede te leer waarmee hulle hulself in die toekoms kan onderhou. Ons het vir ’n groep vroue geleer om skoolklere te maak."

Monika het saamgekom om Beauty se baba te help versorg, en sy het ook baie goed gedoen met die naaldwerk! Monika het saamgekom om Beauty se baba te help versorg, maar het ook baie goed gedoen met die naaldwerk!

Oomblikke van nood

"Die een oggend was ons rustig besig tot iemand skielik sê daar is ’n veldbrand op pad in die rigting van die sentrum. Ons kon die vlamme hóór aankom. Almal het takke gepluk en begin slaan ... hoewel daar nie regtig selfoonontvangs was nie, het ek dadelik my gebedsgroep in Suid-Afrika laat weet om te help bid dat die wind moet draai, en op daardie oomblik gaan die SMS deur en die wind begin draai!

Vure word doodslaan Vure word doodgeslaan

"Asof daardie angs nie erg genoeg was nie, verskyn daar toe ’n slang of twee ook wat vlug vir die vuur!"

Wie is bang?

Ná die week by die opleidingsentrum is Bertha-hulle na die Kafue Nasionale Park. "Ons het ’n trop van 300 olifante sien migreer - dit was ongelooflik mooi!"

"Een aand net voor sononder vat ons toe die verkeerde pad en daar sit ons in die modder vas. Vier vroumense! Ons moes die Land Cruiser self daar uitkry - en ons het! Toe ons by die kamp terugkom, was almal baie verbaas om te hoor ons het op daardie pad gery. Ons moes uitklim om boomstompe weg te sleep, en blykbaar was daar twee leeuwyfies in die omgewing!"

22 Ons het vasgeval in die modder! In die Kafue Nationale Park. Vasgeval in die modder in die Kafue Nasionale Park

Nóg goeie dade

Daarna het Bertha-hulle klere geneem vir weeskinders in die Nyawa Mission of Love-weeshuis. Hulle het ook materiaal geneem vir Dorothy, ’n vrou wat voorheen by Bertha se ma naaldwerklasse gekry het, in Masinga.

Kyk hier na die foto-album van hul tyd in Zambië:

Terug in SA

In Suid-Afrika is Bertha voltyds ma en fokus sy op haar projek Godliedjies. Sy het ook ’n program op Radio Kansel/Kaapse Kansel en doen gereeld motiveringspraatjies.

Op die vraag of ons haar weer op TV sal sien, antwoord sy: "Ek sal altyd ’n aktrise bly. As die regte rol oor my pad kom, sal ek hom vat!"

Blondines het meer pret!

29 Livingston - met die Victoria watervalle agter my.

Oor haar blonde hare is sy baie opgewonde: "Ek wou al lankal weer my hare ligter maak. As jy in 7de Laan speel, het jy nie baie vryheid met jou voorkoms nie. Ek het sedertdien my hare stelselmatig ligter gekleur en nou is ek weer ’n blondine!"

 Lees ook

__________

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en e´e´n dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan he^. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Ree¨n, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER