Deur die jare het Binneland ‘n paar verskillende baadjies gedra

  • Oktober 2005 - Binnelanders begin as weeklikse dramareeks wat op M-Net en kykNET uitgesaai is.
  • April 2006 - Binnelanders word ’n daaglikse sepie wat van Maandag tot Vrydag uitgesaai word.
  • April 2009 - Binnelanders en Egoli se tydgleuf ruil om. Pleks van om 18:30 begin dit om 18:00.
  • Januarie 2010 – Die hele produksieverhuis van die Johannesburgse middestad na Fontainebleau, Randburg.
  • April 2010 - Die sepie se naam verander na Binneland Sub Judice en word ’n uur lange daaglikse drama. Die prokureursfirma RPK word by die mediese wêreld van die Binneland-Kliniek ingelyf. Die bekende temalied, wat spesiaal deur Jak de Priester geskryf is, val ook weg en word vervang met ’n instrumentale weergawe.
  • April 2011 – Die hele prentjie verander weer. Sub Judice en die regswêreld val weg, en Binneland word nou eksklusief op kykNET uitgesaai.
  • Julie 2012 – Vanaand kan Jak de Priester se temalied weer gehoor word. ’n Musiekvideo is ook geskiet saam met Jak de Priester en die huidige bekende karakters.

Binneland van toe tot nou

Bea en Frans
Verpleegsters 2009 Verpleegsters 2012
Dokters van 2009 Ongevalle dokters 2012
At en Ingrid Sonja en At
Pippa 2009 Pippa 2012
Stefanie Stefanie
Daleen, Elize en Tertius  Pippa en Sonja
Franky en Toeks Tonic
Quintin Gustav
Oorspronklike logo
April 2010 logo April 2011 logo