'n Week gelede het Cameron van der Burgh, SA se Olimpiese swemkampioen, en sy Griekse godin, Nefeli Valakelis, in Griekeland getrou. Heel gepas het die twee hul wittebrood op 'n Griekse eiland gaan hou.

Die gouemedaljewenner en sy pragtige krulkop-vrou kuier nou op Corfu. Dis dieselfde eiland waar die gewilde Britse reeks The Durrells verfilm word. Dit handel oor die natuurliefhebber Gerald Durrell en sy gesin se vier jaar op Corfu tussen 1935 tot 1939. Gerald was net 10 toe hulle daar aankom, maar hy het gou vriende gemaak met die eilanddiere, van otters tot pelikane.

Die paartjie het dié foto's op Instagram gedeel:

FOTO Instagram/ @nef_vel
FOTO Instagram/ @cameronvdburgh
FOTO Instagram/ @nef_vel
FOTO Instagram/ @cameronvdburgh
FOTO Instagram/ @nef_vel
FOTO Instagram/ @cameronvdburgh