Sarah-Kate Scott en haar twee seuns, Mark en Matthew, het vandag saam met SARIE.com by die bekendstelling van die Kardashian-susters se grimeerreeks gekuier. En sy het groot nuus gedeel oor baba nommer 3!

Sarah-Kate Scott is by dié bekendstelling vergesel deur klein Mark, wat nou al een jaar kankervry is, en hul nuweling, Matthew.

Sarah-Kate sê hulle beplan nou vir ’n dogtertjie! Hulle doen dit deur mediese prosedures - dié nuweling het al ’n verwagte datum wanneer sy in die lewe gaan kom. “Ons wil seker maak dis ’n dogtertjie. Ons wil baie graag ’n dogtertjie hê. En dan gaan ons die fabriek sluit,” het sy geskerts.

Sy begin reeds die pienk babaklere versamel. Én die kleinding het ook reeds ’n naam! “Ons gaan haar Tellulah-Belle noem!” het Sarah-Kate opgewonde gesê.

FOTO: Gloria Cilliers FOTO: Gloria Cilliers

Dit gaan deesdae baie beter met hulle, nadat beide Pa Darren en Mark hul stryd teen kanker oorwin het. Dit gaan ook finansieël beter met die eens sukkelende-paartjie, nadat Darren destyds sy werk by Jacaranda en SuperSport kwyt was oor sy beweerde rassistiese kommentaar.

Hulle huwelik is ook nou baie sterker, meen Sarah-Kate. “Darren doen baie goed by sy aanlynradiostasie Ballz Radio. Hy’t ’n goeie balans gevind tussen hard werk en tyd met sy gesin spandeer."

FOTO: Gloria Cilliers FOTO: Gloria Cilliers

Ons het haar, saam met Mark en Matthew, raakgeloop in Sandton City by die bekendstelling van die Kardashian-susters se grimeerreeks. Sy en die sanger Kurt Darren se vrou, Dunay, is groot pêlle en het lekker saamgekuier. Ons wonder of Dunay ook broeis is!