Die radio-omroeper Darren Scott het die naweek sy vyftigste verjaardag met ’n Great Gatsby-partytjie gevier.

Darren se vrou, Sarah-Kate, het dié verrassingspartytjie, wat Saterdagaand gehou is, gereël. Van sportsterre tot TV-sterre en sangers was daar, met onder andere Kurt Darren, Derek Watts en oud-rugbyspeler David Campese wat foto's van dié spesiale partytjie op Twitter gedeel het.

Darren, wat deel is van die aanlyn-radiostasie Ballz Radio, en Sarah-Kate het twee seuntjies - Mark en Matthew. Die paartjie beplan ook om gou weer swanger te raak - lees hier oor die interessante manier hoe!

Só lyk Darren Scott se gesin

WATTER TEMA SAL JY VIR JOU VOLGENDE VERJAARDAGPARTYTJIE KIES? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!