Hulle sê mos soort soek soort. G’n wonders dié celebs is vriende nie. Dit was vroeër dié week, op 8 Junie, Nasionale Beste Vriende Dag. Kyk net na die foto's wat plaaslike en internasionale bekendes op sosiale media gedeel het. Van vriende tot verloofdes. Aktrise Leandie du Randt en akteur Bouwer Bosch het nie net mekaar se hart gesteel nie, hulle steel ook soms mekaar se styl. 

FOTO: Instagram  leandiedurandt FOTO: Instagram leandiedurandt

Die Afrikaanse sangeresse Riana Nel en Karlien van Jaarsveld saam afgeneem by die haarsalon. 

 FOTO: Instagram  karlienvanjaarsveld FOTO: Instagram karlienvanjaarsveld

TV-aanbieder Jeannie D en dievoormalige Mej. SA Jo-Ann Strauss neem graag selfies.

Dié twee neem graag selfies. FOTO: Instagram  iamjeannied FOTO: Instagram iamjeannied

Dié manne, Meyer Bosman, Arno Jordaan, Morné Steyn en Johan Goosen, kom graag bymekaar vir ’n potjie gholf.

FOTOl Instagram  mornesteyn FOTO: Instagram mornesteyn

Sangeres Taylor Swift en haar modelvriendinne, Gigi Hadid en Martha Hunt, werk saam én speel saam. Dié drie en ander bekendes is in die "Bad Blood"-musiekvideo te sien.

Justin Bieber en Kendall Jenner het sosiale media laat gons met dié foto. Tog is hulle is glo net vriende.

FOTO: Instagram justinbieber FOTO: Instagram justinbieber

Lees nou