Die bekende Afrikaanse sangeres Sorina Erasmus, beter bekend as die Flooze, se eersteling, Braam Riekert, is vandag een jaar oud. Om dié spesiale dag te vier het sy ’n koek vir haar Braambossie gebak.  "Dié Mamma Flooze het besluit om vir die eerste keer in haar lewe ’n koek te bak ... eisssssh hier kom marakkas! Koekedoor se Moses! Hou duime vas, my tjommas! Enige laaste advies voor ek begin?" het sy via sosiale media gevra.

Kommentaar het ingestroom: "Maak nie saak hoe die koek gaan uitkom nie, dit sal spesiaal wees want sy Mamma het dit gemaak," het een aanhanger geskryf. "Sterkte tjomma jy kan dit doen! Die Flooze kan mos enige ding fix," het ’n ander een bygevoeg.

As jy so na dié foto kyk, het alles goed afgeloop en Sorina se kombuis is steeds staande. 

Dié bekende babas vier ook jul eerste verjaardag  

Model Lee-Ann Liebenberg en haar man, Nicky van der Walt, se jongste dogtertjie, Gabriella, is ook vandag een jaar oud. 

FOTO: Instagram   leeann_liebenberg FOTO: Instagram leeann_liebenberg

Tasmin Matfield, het drie maande gelede een geword. Sy is rugbyspeler Victor Matfield en sy vrou, Monja, se derde dogter. 

FOTO: Twitter @VictorMatfield FOTO: Twitter @VictorMatfield

Nog ’n rugbyspeler se kind word dié jaar een. Bryan Habana en sy vrou, Janine, se eersteling, Timothy, is verlede jaar op Vadersdag gebore.

FOTO: Twitter @Bryan Habana FOTO: Twitter @Bryan Habana

Lees ook