FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Klein Joseph is vernoem na sy oupagrootjies - Joseph is Jared se oupa en Frederick is Ivanka se oupa aan haar pa se kant. Hy was ’n vername bouer en is verantwoordelik vir duisende New Yorkse geboue en huise. Ivanka het op haar Tumblr-blad verduidelik dat hulle dié name gekies het om die nalatenskap van dié vername mans te eer. "Hulle het die erfenis geskep waarop ons ons beroepe gebou het en wat ons elke dag inspireer."

Oupa Donald het op Twitter sy volgers bedank vir hul gelukwensings.

Ivanka en Jared is reeds die trotse ouers van die 2-jarige Arabella wat glo baie opgewonde is om nou ’n ouer sussie te wees (foto onder).

FOTO: Instagram Arabella is glo baie trots op haar nuwe ou-sus-status, FOTO: Instagram

Bron: Tumblr