Die tyd kom nader vir Kurt Darren en Dunay van Heerden om ouers te word!

’n Stralende Dunay het dié foto's op haar Twitter-blad gedeel. Sy is nou sowat 8 maande swanger en ons sien daarna uit om binnekort hul babadogtertjie te ontmoet!  

* FOTO deur Minette de Beer van Marmalade Photography

Pa Kurt

Kurt het onlangs met SARIE gesels oor waarna hy die meeste uitsien as sy dogter eers hier is. Dís wat hy gesê het:

"Ons eerste dans, met haar voetjies op myne. Ek wil my dogtertjie grootmaak met goeie maniere. Ek gaan meer verskonings soek om by die huis te bly. Dit beteken egter nie ek gaan vertonings afskaal nie. Dunay sal dit nooit van my verwag nie."

Lees ook