Elizma het op Facebook foto's gedeel van haar en haar dogtertjie se eerste besoek aan die "Pienkvoet-Pret-klas".

"Ek weet nie wie het dit meer geniet nie ... ek of sy," het die sangeres en aktrise geskryf en verder uitgewei: "dis sulke lekker mamma-en-kleintjie-tyd."

Só lyk die foto's wat Elizma op haar Facebook-blad gedeel het.

FOTO: Facebook FOTO: Facebook

Dit lyk of Eli-zé gou sal maats maak met al die oulike babas en ma's wat dié klas saam met Elizma bywoon. Elizma en haar man, Nico Grobbelaar, se klein Eli-zé is in Februarie gebore. Die paartjie is in 2012 getroud.

Elizma, Nico en Eli-zé op SARIE.com