Die jong Suid-Afrikaanse sangeres en aktrise Franja du Plessis en haar gesin was onder die bekendes wat die afgelope naweek op kykNET se Jukebox-bootvaart was. Sy deel foto's van haar saam met haar gesin.

Franja, dogter van die country-sangeres Juanita du Plessis, het op Instagram foto's van haar by haar bekende ma, tweelingbroer Mario, ouboet Ruan, asook haar kêrel Willie Engelbrecht gedeel.

Die kinders van Juanita en haar man en bestuurder, Doepie, is nou al mooi groot! Dit lyk of dié wegbreek vir die gesin groot pret was! Kyk hier na van die foto's wat Franja gedeel het.

Franja en haar ma, Juanita

Franja (regs) by haar ma, die Country-koningin Juanita du Plessis. FOTO: Instagram (@franjadp) Franja (regs) by haar ma Juanita du Plessis. FOTO: Instagram (@franjadp)

Juanita praat oor haar drome vir haar kinders

Franja het bekendheid verwerf toe sy verlede jaar saam met Bobby en Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk en Leah in die Afrikaanse musiekfliek As jy sing gespeel het. Lees HIER wat sy gesê het oor haar flimrol.

Franja en haar tweelingbroer, Mario

Franja en haar tweelingbroer, Mario. FOTO: Instagram (@franjadp) Franja en haar tweelingbroer, Mario. FOTO: Instagram (@franjadp)

Franja en haar vriend, Willie Engelbrecht

Franja en haar ouer broer, Ruan

Franja het verlede jaar aan SARIE vertel dat sy en Ruan graag in die toekoms saam ’n album wil uitreik. Hopelik sien ons dié album voor die einde van die jaar.

Franja by haar ouboet, Ruan. FOTO: Instagram (@franjadp) Franja by haar ouboet, Ruan. FOTO: Instagram (@franjadp)

Franja is een van SARIE se 10 bekendes om dié jaar dop te hou

Dié bootreis op die MSC Opera word elke jaar saam met van ons land se gewildste kunstenaars gehou. Onder die bekendes wat vanjaar die bootreis na die Portugese Eiland meegemaak het, was Adam Tas, die Campbells en Pieter Koen.

Franja en haar pa, Doepie

Franja het vroeër vanjaar dié foto van haar en haar pa gedeel.

Franja by haar pa. FOTO: Instagram (@franjadp) Franja by haar pa. FOTO: Instagram (@franjadp)