Hulle is in 1956 in die St. Nicolas-katedraal in Monaco getroud, Grace baie elegant in ’n trourok wat deur Helen Rose ontwerp is. Die bruidegom het vir hom ’n spesiale militêre uniform laat maak.

Charlene Wittstock en haar aanstaande prins maak hierdie naweek nes Grace en Rainier - eers 'n burgerlike seremonie, en die volgende dag die formele kerk-plegtigheid.

19 April is vir jare deur die burgers van Monaco gedenk met groot partytjies en vieringe ter ere van die prins en Grace se huweliksherdenking, vertel hellomagazine.com.

Kyk na foto’s van dié ikoniese dag