Skinderblaaie reg oor die wêreld sit en wag op die kleinding se koms, en daar het reeds hier en daar ’n storie die rondte gedoen dat die Beckhams se eerste dogter al gebore is.

Hulle het Maandag, 4 Julie, hul 12de huweliksherdenking gevier. Victoria en haar sokkerheld-man, David Beckham, het die dag saam met hul drie seuns op die strand deurgebring.

Brooklyn (12), Romea (8) en Cruz (6) het saam met hul hoogswanger ma op die strand geposeer vir foto’s en David het sy lyf fotograaf gehou, berig sfgate.com.

Later het Victoria op die strand gesit en kyk hoe David en die seuns in die water speel.