Janine en van haar vriendinne, onder andere aktrise en sangeres Nadia Beukes, het die naweek die paartjie se eerste baba gevier. Nadia het Kaap toe gevlieg vir dié geleentheid. Sy en haar vriendinne het op sosiale media foto's van die kuier gedeel en die oulike hashtag  #BabyBana gebruik.

Nadia kuier in Parys saam met Janine en Bryan Dit lyk of die vriendinne ’n bederfdag by die African Pride Crystal Towers Hotel & Spa in Kaapstad gehad het. Nadia het dié foto saam met Janine op Twitter gedeel.

Janine oor styl en die getroude lewe

Bryan en Janine woon deesdae in Frankryk waar Bryan vir Toulon rugby speel. Terwyl Bryan en sy span gister die Heineken-beker gewen het, het Janine dié uitstappie in Suid-Afrika baie geniet. Sy is ook die eienaar van Femme Fitness, ’n sentrum waar vroue - gewone vroue, swanger vroue én jong ma's - kan fiks bly.

Bryan gesels met SARIE

Ons kan nie wag om #BabaBana te sien nie. En jy?