Die kunstenaars van CO Productions is tans net buite Bela-Bela by die Zebula Gholf Estate & Spa waar hulle bosberaad hou. SARIE.com vind meer hieroor uit.

Willem Botha, Jay, Dewald Wasserfall, Leah van As jy sing-faam, Pieter Koen en moniQue het sedert Maandag by dié spa met olifante en tiere gespeel as deel van hul 'bosberaad'.

Corné Ooshuizen, dié sangers se bestuurder, sê hulle het verlede jaar hul eerste bosberaad gehad met groot sukses. Die ontspanne atmosfeer sonder invloede van buite bied hulle die kans om vernuwend te dink.

Maar hulle gesels nie nét besigheid nie, daar is ook tyd vir pret.

IMG_3227

IMG_3110

IMG_3127

Kenners het daagliks met die kunstenaars gesels oor verskillende aspekte van die vermaaklikheidsbedryf, onder meer oor die rol van sosiale media.

IMG_3321 IMG_3319 IMG_3309

Hulle het ook die geleentheid gekry om met tierwelpies te speel. En hulle wás spelerig! Vra maar net vir Jay!

IMG_3486 IMG_3429

IMG_3502

Meer oor dié sangers op SARIE.com