Joost van der Westhuizen, Amor Vittone en hul kroos hou nou op Mauritius vakansie. Amor het heelparty foto's van dié gesinsvakansie op haar Facebook-blad gedeel.

Die gesin hou vir ’n week lank op dié eiland vakansie. Saam met hulle reis Johan Visser wat vir Joost, wat aan MNS ly, help.

FOTO: Facebook  Amor Vittone FOTO: Facebook Amor Vittone

"Genade, gaan die kinders nie skool nie, as ’n mens sien is hulle êrens op pad heen," het een aanhanger gevra.

Kylie en Jordan FOTO: Facebook  Amor Vittone Kylie en Jordan FOTO: Facebook Amor Vittone

"Los Amor uit!" het ’n ander aanhanger van haar laat hoor. Talle ander het Amor bedank dat sy Joost ondersteun en haar ’n "steunpilaar" genoem.

FOTO: Facebook  Amor Vittone FOTO: Facebook Amor Vittone

Die 43-jarige ma van twee het verduidelik dat haar kinders se private skole nou met vakansie is.

Lees ook