Dit was ’n spesiale oomblik toe Joost van der Westhuizen die naweek tydens die Springbokke se toets teen Nieu-Seeland op Ellispark saam met sy twee kinders op die veld loop. Joost, wat in 2011 met motorneuronsiekte (MNS) gediagnoseer is, is deesdae in ’n rolstoel, maar met die hulp van sy kinders, Kylie en Jordan, en ’n biomeganiese toestel kon hy tydens rustyd op Ellispark se veld loop.

Rapport berig dié toestel gebruik gevorderede mediese tegnologie wat mense met spinale beserings kan help om vir ’n uur per dag weer te kan loop.

Die 62 000-stuk skare by Ellispark én die kykers by die huis het die emosionele oomblik meegemaak. Die woordvoerder van die J9-stigting, Janis Ellis, het aan Rapport gesê dat hulle twee maande hieraan beplan het en noem dit ’n "hoendervel-oomblik".

Amor Vittone het vanoggend op haar Facebook-blad geskryf dat sy nie die wedstryd kon bywoon nie, maar het dié foto's van Kylie en Jordan by die rugbywedstryd gedeel. Van die foto's is deur Amor se ma, Delyse, geneem.

FOTO:  Facebook  FOTO: Facebook

FOTO:  Facebook  FOTO: Facebook

FOTO:  Facebook  FOTO: Facebook

Amor se suster Loren en Kylie FOTO:  Facebook  Amor se suster Loren en Kylie
FOTO: Facebook

Amor se ma, Delyse en Kylie FOTO:  Facebook  Kylie saam met haar ouma Delyse
FOTO: Facebook

FOTO:  Facebook  FOTO: Facebook

Joost én stadion op hul voete - VIDEO

Bronne: Rapport en Facebook

Lees ook