Die Suid-Afrikaanse krieketspeler JP Duminy se vrou, Sue, het oor die naweek foto's van haar ooievaarspartytjie op Instagram geplaas. 

JP en Sue verwag hul eersteling, ’n dogtertjie.

A photo posted by JP Duminy (@jpduminy) on
Sy straal met ’n swanger magie en is reeds 33 weke swanger.

  Thank you @thandified for my beautiful diaper cake! #Cinri'sBabyBoutique #33Weeks #BabyShower   A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Sue het haar vriendinne vir hul bydrae bedank: "Ek het die beste ooievaarsparty gehad! Dankie aan almal wat dié dag so ongelooflik spesiaal gemaak het. Ek is baie lief vir julle almal."

FOTO: Instagram sueduminy FOTO: Instagram sueduminy

Die paartjie het vier jaar gelede ewige trou aan mekaar beloof: "Ek het vier jaar gelede met my prins getrou ... Jy inspireer my elke dag. Ek sal altyd lief vir jou wees," het Sue aan JP geskryf. Hierop het JP op sy Instagram-blad geskryf: "Aan my sielsgenoot, my beste vriendin, my trooster ... jy is my alles."

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Lees ook: