Prins William en Kate het uiteindelik in New York gearriveer en gaan tuis by die Carlyle Hotel, 'n gunsteling van prinses Diana. Só berig People.com.

Hulle gaan tuis in 'n luukse suite in dié hotel, met 'n uitsig oor Central Park. Selfs die Empire State-gebou was in blou, rooi en wit verlig ter viering van hul aankoms.

Kate was stylvol in 'n Marina-jas deur ontwerper Seraphine wat spesifiek swangerstyle ontwerp. Die kleur herinner sterk aan Marsala, Pantone se 2015 kleur van die jaar.

The Duke And Duchess Of Cambridge Arrive In New York FOTO: Gallo Images/Getty Images

KOOP swangerstyl-modes op Spree

Die reisplanne

Die paartjie het intussen 'n fondsinsameling by advertensie-baas Sir Martin Sorrell bygewoon. 'n Bron het verklap dat kaartjies vir dié swierige geleentheid tot $50 000 kan kos! As deel van hul Amerikaanse besoek het prins William in Washington D.C. met president Barack Obama ontmoet. Obama ondersteun prins William se organisie wat dierehandel bekamp. Kate het op haar beurt 'n ontwikkelingsentrum vir kinders in Harlem besoek waar na hulle geestesgesondheid omgesien word.

sarie toekennings

Die doenlysie sluit ook 'n gala-aand ten bate van St. Andrews in Skotland, waar dié twee ontmoet het, en 'n basketbal-wedstryd in. By dié wedstryd het hulle vir Beyoncé en JayZ raakgeloop, wat óók die kragmeting bygewoon het.

460172532 Kate en prins William by die Brooklyn Nets vs Cleveland Cavalier wedstryd. FOTO: Gallo Images/Getty Images

FOTO'S van die Carlyle Hotel in New York 

carl_gallery_hotel_1 9Lees die volledige artikel hier