Soos gewoonlik kan Kate nie ’n modevoet verkeerd sit nie en dit het sy weer tydens hul Nieu-Seelandse en Australiese toer bewys.

Kate, die hertogin van Cambridge, haar man prins William en klein prins George se toer het onlangs afgeskop onder groot media-aandag. Alle oë is op die klein George, maar ma Kate se mode-keuses is nie ver agter nie.

Dít is wat sy tot dusver gedra het:

Kate het dié uitrusting gekies toe hulle die vloot besoek het. Later het sy die wighakke uitgeskop en plat skoene aangetrek, haar hare in ’n poniestert vasgebind en ’n swart Nieu-Seelandse hoed opgesit toe sy en William op die water teen mekaar meegeding het. Dié twee was aan die stuur van seiljagte én dit was Kate wat glo met die louere weggestap het.

Ons is mal oor dié blou jas met toeknoop-kraag - koninklik-stylvol!

Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland FOTO: Gallo Images / Getty Images Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate se styl tydens hul Suidoos-Asië-besoek - kyk HIER na haar 3 mooiste uitrustings

En William ...

Geskenk vir George

George het vir ’n mini-weergawe van ’n snelboot present gekry!

Bron: Hello!