Kelly het Sondag met haar agent se seun Brandon Blackstock in Tennessee getrou. ’n Klein groepie familie en spesiale vriende het die seremonie bygewoon, asook Brandon se twee kinders uit sy vorige huwelik.

Voor die troue het Kelly erken dat al haar goeie voornemens om nie in ‘bridezilla’ te verander nie, by die venster uit is toe sy trourokke gaan aanpas het. “Ek was in die aantrekhokkie en toe ek na my kieliebakke kyk, dink ek, ‘Grap jy met my? Ek lyk soos ’n grotvrou!’ En toe ek my broek uittrek, het ek gedink, ‘My bene pas!’ My naels was ’n gemors, my wenkbroue het wild gelyk. Ek was nie ’n meisie nie.”

Sy het toe net daar begin huil omdat sy so onversorg was. Sy het gesê dat sy op die tydstip so besig was dat sy nie daarby kon uitkom om haarself te versorg nie - wat nog daarvan om ’n troue te reël?

SARIE-aanlynwinkel verkoop ook nou trouklere en -bykomstighede vir die bruid en gaste. Klik hier!

Dit was hierna dat sy besluit het dat haar groot wit feeprinses-troue waarvan sy nog altyd gedroom het, iets van die verlede is.

Maar as ons na dié foto's kyk, was die dag steeds baie spesiaal.

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

FOTO'S: Arcehtype

Wat dink jy van Kelly se trou-styl?

SARIE BRUID 2013/ 2014

Kry jou SARIE trou-inspirasie in die nuwe uitgawe van SARIE BRUID - nou op die rakke!

Lees meer hier

Bron: Huffington Post