Loui Fish het gewys sy doen haar naam gestand!  (foto bo)

Willem Botha speel strandkrieket

Die sterre het omtrent dié vakansietyd vir 'n fees vir die oë gesorg! Willem Botha het aandag getrek toe hy in Stilbaai saam met sy familie strandkrieket gespeel het.

Romanz maak reg vir 'n fotosessie

Die mooi manne van Romanz maak gereed vir ’n fotosessie op die strand.

Dewald Potgieter trek die kabeljoue uit

Die rugbyspeler, Dewald Potgieter, het feesgevier in die diepsee en ’n paar kabeljoue uitgetrek. Hoe dan nou anders met daai sterk arms!

Arno Jordaan en Bobby van Jaarsveld baljaar op die seeArno Jordaan (links ) en Bobby van Jaarsveld (middel) het in St Francisbaai baljaar.

Bobby saam met die Houlson Twins

Bobby van Jaarsveld saam met die sangeresse, die Houlson Twins.

Heidi Klum op haar eilandvakansie

Die supermodel, Heidi Klum, het foto’s van haarself op haar eilandvakansie getwiet. Dalk om vir haar eksman, Seal, te wys waarop hy uitmis . . . ?

Britney wens die somer terug

Britney Spears het in Augustus verlede jaar dié foto getwiet met ’n wens dat die Amerikaanse somer nie moet eindig nie.