Mej. SA 2014, Rolene Strauss, is binnekort op pad na die Mej. Wêreld-kompetisie in Londen.

Die 22-jarige skoonheid sal Suid-Afrika verteenwoordig tussen die skoonhede van 132 ander lande. Dié geleentheid word wêreldwyd deur sowat 1 biljoen mense gekyk.

Tydens die kompetisie sal Rolene ’n verskeidenheid uitrustings deur Suid-Afrikaanse ontwerpers dra. Haar nasionale kostuum is deur studente van die Kaapstadse Kollege vir Modeontwerp (CTCFD) gemaak. Dit is geïnspireer deur Nelson Mandela omdat Rolene die eerste Mej. SA is wat sedert sy dood aan die Mej. Wêreld-kompetisie deelneem.

FOTO: Debbie Yazbek FOTO: Debbie Yazbek

Die Bloemfonteinse ontwerper Casper Bosman het haar aandrokke ontwerp. Casper is ook verantwoordelik vir die ander uitrustings wat Rolene tydens dié kompetisie dra.

Rolene en Casper Bosman FOTO: Verskaf aan SARIE.com Rolene en Casper Bosman
FOTO: Verskaf aan SARIE.com

Dít is een van die rokke wat Rolene gaan dra. Die ligte mentgroen rok is met 13 000 Swarovski-kristalle versier.

FOTO: Debbie Yazbek FOTO: Debbie Yazbek

FOTO: Verskaf aan SARIE.com FOTO: Verskaf aan SARIE.com

Lees nou