Die Suid-Afrikaanse aktrise Michelle Beling het gister, 23 September, getrou.

Dié aktrise van Oos-Londen is bekend aan televisie-kykers as die blonde fiksheidsinstrukteur van Egoli, Candy Smith. Maar gister het Michelle 'n nuwe rol aangeneem.

FOTO: Facebook

FOTO: Michelle het gister met Christo Pretorius getrou.

Michelle is sowat 8 jaar gelede van haar vorige man, Mark Beling (die hoofsanger van Mean Mr Mustard), geskei en het 'n pragtige dogtertjie, Bella-Mae, wat sy grootmaak. Sy het in 2009 in 'n onderhoud met Longevity gesê dat sy direk ná haar egskeiding gedink het sy sal nooit weer trou nie. Maar die lewe is vol verrassings!

FOTO: Facebook

Geluk Michelle en Christo!