Nataniël het onlangs gehore in Australasië vermaak op sy toer deur onder meer Sydney, Brisbane en Auckland.

Nataniël, pianis Charl du Plessis en die kitaarspeler Juan Oosthuizen het in Mei in Australië en Nieu-Seeland ’n hele reeks konserte in volbespreekte sale gehou.

Nataniël op SARIE se voorblad

Nataniël in Brisbane, Australië FOTO: Twitter (@arnonelaus) Nataniël in Brisbane, Australië
FOTO: Twitter (@arnonelaus)

Nataniël en Juan Oosthuizen berei voor vir hul eerste konsert in Auckland, Nieu-Seeland FOTO: Twitter (@arnonelaus) Nataniël en Juan Oosthuizen berei voor vir hul eerste konsert in Auckland, Nieu-Seeland
FOTO: Twitter (@arnonelaus)

Nataniël, Juan Oosthuizen en Charl du Plessis in Sydney, Australië FOTO: Twitter (@arnonelaus) Nataniël, Juan Oosthuizen en Charl du Plessis in Sydney, Australië
FOTO: Twitter (@arnonelaus)

Die trio voor die operahuis in Sydney, Australië FOTO: Facebook Die trio voor die operahuis in Sydney, Australië
FOTO: Facebook

Charl du Plessis soek jóú "klavierstorie"

Die drie was skaars terug in Suid-Afrika toe Nataniël reeds weer plaaslik sy konserte hervat het. Hy het die afgelope maand al omtrent vyf optredes gedoen in stede en dorpe soos Pretoria, Potchefstroom, Bloemfontein en Welkom.

Die Nataniël Tafel wen by die Tempo's

Charl is self ook baie besig met konserte. Hy gaan nog tot Oktober vanjaar uitvoerings vir sy toer 10 Steinways, 10 Stede, 10 Solo-konserte doen.