Afrikaanse sanger Nicholis Louw het vroeër aan SARIE.com vertel dat hy saam met Denise aan die troue beplan het en dit die "grootste dag" van sy lewe genoem. En ná maande se beplanning het die groot dag die afgelope naweek aangebreek.

Nicholis en Denise Shrewsbury het Saterdag by Cussonia Crest in De Wildt naby Hartbeespoortdam getrou, berig Rapport.

Dié Sondagkoerant berig ook dat die Rock daai lyfie-sanger se pak en Denise se rok iets spesiaal is. Die bruidsuitrustings is deur Dennis Lloyd ontwerp en het saam glo R100?000 gekos. Denise se rok is blykbaar van Franse, Engelse en Madeira-kant gemaak en met 40?000 kristalle versier. Lees die volledige berig hier.

Nicholis het sy gaste gevra om nie foto's van die troue op sosiale media te versprei nie. Denise, wat reeds haar van op Twitter na Louw verander het, het wel dié foto's op haar Twitter- en Instagram-profiel gedeel.

Nicholis en Denise wat al vir byna 7 jaar in mekaar se lewe is, is baie verlief. Nicholis kon nie voor die troue uitgepraat raak oor sy verloofde nie.

“Sy is net die beste mens wat ek al ooit ontmoet het. Daar is niemand wat eers naby kom nie. Ek het ’n luck ge-strike. En dis nie sommer nét nie – ek weet die Here het haar vir my gegee, want sy pas my soos ’n handskoen … ons pas mekaar soos handskoene.”

“Ons smeer ook op mekaar af. Maar as ek sien dat enige van my slegte kwaliteite op haar afsmeer dan sê ek vir haar: “Liefie, moenie soos ek raak nie!”, want ek kyk op na haar.”

Nicholis het dié foto gister op sy Facebook-profiel gedeel. Hy het hierby geskryf:

Gister was die mooiste en perfekste dag, en die beste troue waarby ek nog ooit was!! Ek het met die beste meisie wat God ooit geskape het getrou en geen man op hierdie aarde kan so bevooreg soos ek wees nie.

FOTO: Facebook,  Darrell Frasser FOTO: Facebook, Darrell Frasser 

Nóg oor Nicholis louw op SARIE.com