Die blondine Nicole Kidman het haar hare bruin gekleur en die brunet Jennifer Love Hewitt is nou ’n blondine - wat dink jy van hul nuwe voorkomste?

Nicole Kidman

Rooikop of blond, Nicole se hare pas pragtig by haar ligte gelaat. Maar dié 46-jarige aktrise het nou haar hare bruin gekleur vir ’n rol in die nuwe fliek Strangerland.

Dié film word in Nicole se tuisland, Australië, geskiet. Die webtuiste Just Jared het foto's op die stel van dié film bekom.

 Just Jared Just Jared

Kyk na nóg foto's HIER.

Kyk hier na Nicole se nuwe Jimmy Choo-veldtog

Jennifer Love Hewitt

FOTO: Instagram @jenniferlovehewitt FOTO: Instagram @jenniferlovehewitt

Dié 35-jarige aktrise en nuwe ma van baba Autumn het haar hare ligter gemaak vir die noordelike halfrond se somer. Jennifer het net 5 dae voordat Autumn gebore is, getrou het met haar Client List-medespeler Brian Hallisay, wat ook Autumn se pa is.

Jennifer het haar blonde kapsel vir die eerste keer op The Ellen DeGeneres Show gewys.

FOTO: Instagram @theellenshow FOTO: Instagram @theellenshow

Kyk na nóg foto's van Jennifer se ligter haarkleur HIER.

FOTO: Jennifer Love Hewitt in haar klerereeks vir A Pea in the Pod (A Pea in the Pod) FOTO: Jennifer Love Hewitt in haar klerereeks vir A Pea in the Pod (A Pea in the Pod)

Jennifer het vroeër vanjaar ook haar eie swangerskap-klerereeks bekendgestel - lees meer hier.