Net ’n dag ná Drew Barrymore se tweede dogtertjie gebore is, het die akteurspaar Olivia Wilde en Jason Sudeikis ook hul nuwe pienkvoet verwelkom. Revlon se gesig en House-aktrise Olivia het op Twitter aangekondig dat haar en haar verloofde se eersteling gebore is. Sy het dié oulike foto gedeel om vir Otis Alexander Sudeikis aan die wêreld bekend te stel.

Die 30-jarige aktrise het verlede jaar in Oktober bevestig dat sy swanger is. Dit is hulle albei se eerste kind.

Nóg bekendes se baba’s op SARIE.com