Aletté-Johanni Winckler het die eerste foto van haar en die sanger Heinz Winckler se jongste baba op Facebook gedeel.

Klein Reuben Winckler is al byna twee maande oud. Dit lyk of ma en pa die derde seun in hul gesin sover baie geniet. "So trots om die ma van dié pragtige seuns te wees én die vrou van dié aantreklike man," het sy by die foto van haar en haar gesin geskryf.

Lees wat sê Aletté oor haar jongste

Aletté-Johanni, baba Reuben, Lian, Heinz en Simeon Winckler FOTO: Facebook Aletté-Johanni, baba Reuben, Lian, Heinz en Simeon Winckler
FOTO: Facebook Die akteurspaar Emily Blunt (The Devil Wears Prada, The Five Year Engagement) en John Krasinski (The Office, Something Borrowed) het ook pas die eerste foto van hul dogter gedeel. Hul dogter, Hazel, is in Februarie gebore. Nóg babas wat in 2014 gebore is John het dié foto van die oulike baba, so ewe in ’n Polo-uitrusting, op sy Twitter-blad gedeel.

Klein Hazel se ouers sal in Julie vier jaar getroud wees. Sy is dié paartjie se eerste kind.