Elah, Romy-Lee, Miana en Aleiah Rose. Vier dogtertjies wat hul onderskeie bekende ouers om hul pinkie draai. 

Karlien van Jaarsveld gaan binnekort die lewe skenk aan haar jongste, ’n seuntjie genaamd Johannes. Maar dis haar krullebol-dogtertjie Elah wat omtrent harte vermurwe op Instagram. Kyk net hoe groot het sy geword:

View this post on Instagram

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Klein Romy-Lee, Steve en Janine Hofmeyr se kleinding, het net sulke krulhare soos haar ma. In 2014 het Steve voor hul troue aan SARIE gesê. “Ons beplan beslis ook ’n pienkvoet en Janine gaan ’n goeie ma wees. So ’n krulkop-dogtertjie …” En is sy nie net die mooiste nie?!

Sorina “Flooze” Erasmus se jongste, Miana, word binnekort vier. Die fyn dogtertjie het nes Elah en Romey-Lee die mooiste bos krulhare.

Die ougat Aleiah Rose is in 2018 gebore en nes ma Charlize Bergh het sy die pragtigste oë.