Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, se jongste, prins Louis, verjaar.

Twee jaar gelede het die pragtige Kate in ’n bloedrooi rok verskyn op die trappe van St. Mary’s-hospitaal se Lindo-vleuel. In haar arms, toegedraai in ’n wit kombersie, het prins Louis knus in haar arms gelê. 

Twee jaar gelede voor Lindo-vleuel: Prins William en Kate met prins Louis. FOTO Getty Images / Gallo Images

Hy en sy ouboet, prins George, en ousus, prinses Charlotte, het diep in die wêreld se harte gekruip.

Kate het hierdie pragtige foto’s van die prinsie geneem:

FOTO Kate Middleton (Instagram / Kensington Royal)
FOTO Kate Middleton (Instagram / Kensington Royal)
FOTO Kate Middleton (Instagram / Kensington Royal)

Met sy donker wenkbroue lyk hy kompleet soos Kate se pa, Michael.

’n Jong Michael Middleton met sy oudste dogter, Kate. FOTO Instagram