Dié eksklusiewe geselligheid met sowat 400 uitsoekgaste het die reeks onthale van hul troue op Saterdag 2 Julie hier in Suid-Afrika afgesluit. Die paartjie het elegant, ontspanne en gelukkig gelyk en het mekaar met hul aankoms op die rooi tapyt 'n lekker soen gegee.

Op die spyskaart was daar onder meer 'Oesters Charlene' - 'n gereg wat The Oyster Box-hotel spesiaal vir die aand ontwikkel het.

Charlene is vandag (Vrydag 8 Julie) in Kaapstad vir 'n warrelwind-besoek aan Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu.

Die webtuiste Popsugar het vanoggend dié foto's van die soen gepubliseer.