Gisteraand was Rian se ramparty op Binnelanders en groot was die verbasing toe sy bruid by dié geleentheid uit ’n reuse koek klim!

Al Rian en Pippa se groot vriende en vriendinne was in die Binnelanders se gunsteling-kroeg, Nagskof, vir Rian se playboy-ramparty! Van die kliniek se verpleegsters het die aand in kort, satynrokke en playboy bunny-ore en -sterte spandeer.

Pippa klim uit die groot koek FOTO: Facebook Pippa klim uit die groot koek
FOTO: Facebook

Uiteindelik het Pippa (gespeel deur Nadia Valvekens) haar verloofde verras toe sy uit ’n reuse koek klim. Die aktrise het pragtig gelyk in ’n elegante, lang rooi rok en lang handskoene.

Só hoort ’n ramparty mos eintlik! FOTO: Facebook Só hoort ’n ramparty mos eintlik!
FOTO: Facebook

Binnelanders het dié foto's op hul Facebook-blad gedeel.

Gustav (Stefan Ludik), Riaan (Erik Holm) en Malan (Paul Bester) FOTO: Facebook Gustav (Stefan Ludik), Rian (Erik Holm) en Malan (Paul Bester)
FOTO: Facebook

Nadia Valvekens April 2014 voorblad*Lees in jou April-uitgawe van SARIE meer oor Pippa en Rian se groot dag. Ons kies ook drie trourokke vir Pippa - stem hier vir jou gunsteling.