“Ons is so bly dat ons die dag saam met jou kan vier en dat jy 'n wonderlike maatjie gekry het saam met wie jy die pad kan stap. Ons is baie lief vir jou,” sê aktrise Nadia Valvekens aan haar vriendin Rolanda Marais by haar henneparty. 

Nadia Valvekens en Rolanda Nadia Valvekens en Rolanda

Rolanda en die regisseur Jozua Malherbe trou volgende jaar. Hulle het sowat ’n jaar gelede verloof geraak.

Saterdag het Rolanda se drie strooimeisies, die Isidingo-aktrise Chan Marti, Nadia Valvekens en Rolanda se suster, Rentia Marais, haar verras met 'n 1920’s-temapiekniek in Magaliesburg.

IMG_5367 Rolanda, Rentia, Nadia en Chan

Rolanda se ma, Charlotte Marais, en tante, Nina Marais, was saam met haar beste vriende deel van dié partytjie. Rolanda en haar ma, Charlotte Rolanda en haar ma, Charlotte

“Ek het trane in my oë gekry toe ek daar instap en ek sien al die mense vir wie ek die liefste is. Ek het net liefde gevoel.”

- Rolanda oor haar partytjie Rolanda en haar gaste op die trein Rolanda en haar gaste op die trein

“Rolanda is vir my so 'n groot inspirasie, sy wys elke dag vir my wat mens met hope talent en harde werk kan vermag, maar hoe om steeds sag, liefdevol en breekbaar te bly. ’n Tema is altyd meer pret en 1920 is ’n mooi sjiek tydperk; ons het gedink dit pas goed by Rolanda,” sê haar suster, Rentia.

IMG_5334

“Rolanda is al vir 18 jaar lank my mees geliefde vriendin. Sy is 'n buitengewone vrou en ek voel geseënd om haar in my lewe te hê. Ek voel geëerd om deel te wees van die feesvieringe," sê vriendin en bruidsmeisie Chan.

IMG_5265 Chan en Nadia

Die dag het om 09:00 afgeskop met 'n rit op 'n stoomtrein van Parkstasie na Magaliesburg, waar die piekniek gehou is. Teen 17:00 was almal weer terug in Johannesburg.

IMG_5350 Jacques Bessenger, Fanie en Rolanda

IMG_5234 Claudia Hamman, Rolanda en Jacques

Rolanda en Leandie du Randt Rolanda en Leandie du Randt

IMG_5358 Leandie, Marlé Coetsee, Sarahann Doherty, Lelia Estebeth, Fanie en Rolanda

IMG_5235 * Alle foto's verskaf aan SARIE.com

Op die spyskaart

Chan van Love made Edible het vir die lekker spyskaart gesorg:
  • Geroosterde-vinkel-gorgonzola-en-pekanneut-quiche
  • Mini-croissants met emmental-kaas, geroosterde tamaties en roket
  • Geroosterde-eiervrug-rolle gevul met chevin-kaas, soetrissies, suurlemoenskil en basilie
  • Botterskorsie-en-lensie-pastei met Sumac-jogurtsous 
  • Geroosterdebeesvleis-toebroodjies met olyf-en-kapersous
  • Pistasie-en-lemoenbloeiselwater-koeke
  • Meellose sjokolade-en-haselneutkoek met kaneel-crème fraiche
  • Individuele gebakte suurlemoen kaaskoek