Wie het geweet dié bekendes is sulke diereliefhebbers? Ons huidige Mej. SA, Ziphozakhe Zokufa (23), dra op die oomblik SA se naam hoog in Doral, Miami, waar sy op 25 Januarie teen sowat 80 ander skoonhede om die Mej. Heelal-titel meeding. Maar tussendeur het sy bietjie pret gehad by ’n Libanese restaurant in Miami, waar dié parmantige apie te sien is.

FOTO: Facebook Ziphozakhe Zokufa FOTO: Facebook Ziphozakhe Zokufa

Ander bekendes met diere

Die Proteas se T20-kaptein, Faf Du Plessis, wys dat hy nie maklik bang raak nie.

Die TV-aanbieder en voormalige Mej. SA Jo-Ann Strauss wys haar ligter kant.

Die aktrise en joga-entoesias Rolanda Marais deel haar "frustrasie". Rocker Francois van Coke wys dat sy brak net so cool soos hy is! "Die mooiste, delikaatste en grootste Great Dane wat ek nog ooit gesien het." Dit is hoe akteur Izak Davel dié reusagtige hond beskryf. Beeldskone ma Dunay van Heerden straal tydens haar swangerskap. Nie eens die luiperd kan Kurt Darren se vrou van haar kalmte beroof nie. Carrie Underwood het haar jongste twee "kinders" gebruik om haar pienkvoet-nuus aan te kondig. Carrie en manlief, professionele yshokkiespeler Mike Fisher, se eersteling behoort Februarie sy verskyning te maak. Cameron Diaz en haar woef is natuurlike blondines. 

#tbt two blondes writing @thebodybook #whatupdawg Ein von Cameron Diaz (@camerondiaz) gepostetes Foto am
Chanel-ontwerper Karl Lagerfeld en sy bedorwe kat, Choupette, is onskeibaar.Duisende mense volg dié bekende kat se buitensporige leefstyl op sy eie Instagram-blad

http://instagram.com/p/emYH8pxNzQ/?modal=true

Lees nou