Londen was in Afrikaans getooi toe van Afrikaans se grootste sangers die afgelope naweek daar opgetree het. Die expats is behoorlik bederf met Riana Nel, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Bok van Blerk en Claire Johnston (van Mango Groove) op die verhoog. Talle mense het hul waardering getwiet en ook gevra dat dié konsert ’n jaarlikse instelling word. Hier is van die foto's van die konserte wat in die Hammersmith Apollo-teater in Londen gehou is. Die SA goes London-toer word in samewerking met kykNET aangebied en word beskryf as ’n groot hoogtepunt vir Suid-Afrikaners wat in Londen bly. Die Jacaranda FM-span was ook daar en sanger Peter Mitchell was die seremoniemeester.

Bekende Suid-Afrikaners soos Minki van der Westhuizen wat in daai geweste woon, het ook gaan kyk.