Nicola Hanekom was gisteraand die groot ster by die kykNET Fiësta-toekennings wat ook die Suid-Afrikaanse Oscars genoem word. Dié talentvolle vrou het met vier toekennings weggestap.

Nicola het stylvol gelyk in haar kort, liggeel rok wat tot bo haar knie gekom het.

Nicola Hanekom by die kykNET Fiëstas. FOTO: Twitter Nicola Hanekom by die kykNET Fiëstas. FOTO: Twitter

Aktrise Zetske van Pletzen het ’n rok gedra wat sy self ontwerp het. Dié rok, met kant oor die rug, het net genoeg been gewys.

Willem Botha was self netjies aangetrek in ’n pak van Yihan Brönn Couture en sy metgesel Charné Marnewick in ’n lang rok met kant-detail.

Willem Botha en Charné Marnewick op die rooi tapyt by gisteraand se kykNET Fiëstas. FOTO: Twitter Willem Botha en Charné Marnewick op die rooi tapyt by gisteraand se kykNET Fiëstas. FOTO: Twitter

Nog ’n gunsteling-voorkoms op die rooi tapyt, was Leandie du Randt se kort wit-en-swart-rok. Dié rok het ’n hoë halslyn met ’n ronde kragie gehad. Sy het haar voorkoms afgerond met ’n groot, swart strik in haar hare en grimering wat haar oë beklemtoon het.

Leandie du Randt voor gisteraand se Fiëstas. FOTO: Instagram (@leandiedurandt) Leandie du Randt voor gisteraand se Fiëstas. FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Die groot wenners by gisteraand se kykNET Fiëstas

  • Beste aanbieding: Land van skedels 
  • Gewildste fees: ABSA KKNK
  • Beste akteur: Dawid Minnaar (macbeth.slapeloos)
  • Beste aktrise: Anna-Mart van der Merwe (macbeth.slapeloos)
  • Beste regisseur: Nicola Hanekom (Land van skedels)
  • Beste nuwe Afrikaanse produksie: Nicola Hanekom (Land van skedels)
  • Beste musiekgedrewe produksie: Dorothy Masuka (Dorothy – 60 Jaar)
  • Lewensbydrae tot woordkuns: Chris Barnard
  • Beste prestasie in klassieke musiek: Petronel Malan (Petronel Malan – Klavieruitvoering)
  • Beste prestasie in visuele kuns: Jan van der Merwe (Tyd en ruimte)
  • Beste spel in ‘n solo vertoning: Tobie Cronjé (Ballade van ‘n banggat)
  • Lewensbydrae tot musiek: Emma Renzi
  • Beste manlike byspeler: Charlton George (macbeth.slapeloos)
  • Beste teaterontwerp: Nicola Hanekom (Land van skedels)
  • Beste vroulike byspeler: Lee-Anne van Rooi (Bidsprinkaan)
  • Lewenslange bydrae in teater: Neels Hansen (regie en kostuumontwerp)
  • Beste opkomende kunstenaar: Die ensemble van Te veel vir ‘n coloured girl
  • Beste prestasie in dansteater: Steven van Wyk & Thalia Laric (“Skoonveld” in PLASTIC)
  • Beste prestasie in ‘n musiekgedrewe produksie: Schalk Joubert (Die wêreld is my woning)

Blaai deur dié galery vir nog foto's van gisteraand se wenners