Kyk hoe groot het Sean Else se klein Daniel geword! Sean en sy vrou, Carla het onlangs lekker op die strand baljaar saam met hul drie seuns.

"My gesin vervolmaak my. Alles wat ek doen, is vir my seuntjies, en vir Carla. Ek was nog nooit so gelukkig en vreedsaam nie. Dis grootliks te danke aan Carla," het Sean in die Februarie-uitgawe van SARIE gesê. Carla het bygevoeg dat die oudste twee seuns, Caylem en Vaughn, enige iets vir hul kleinboet, wat nou al 5 maande oud is, sal doen.

Caylem, Daniel en Vaughn by pa-Sean FOTO: Facebook Caylem, Daniel en Vaughn by hul pa
FOTO: Facebook

Eerste foto's van baba Daniel

"My koningin en haar prinsies..." het Sean op Facebook geskryf FOTO: Facebook "My koningin en haar prinsies..." het Sean op Facebook geskryf
FOTO: Facebook

"Alles vir my seuns" - Sean vertel

WAT DINK JY? LYK KLEIN DANIEL MEER NA MA OF PA? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.

Corine du Toit se eersteling - ’n week later

Aktrise Corine du Toit (Egoli, Getroud met rugby) en haar man Raz Jensen se eersteling is vandag al ’n week oud! Om die kleinding se eerste week in die gesin te vier, het Corine nog ’n foto van haar kostelike seun op Facebook gedeel.

Corine du Toit en haar man Raz Jensen se baba is sewe dae oud! FOTO: Facebook Corine du Toit en haar man Raz Jensen se baba is sewe dae oud!
FOTO: Facebook

*Lees hier meer oor Corine se eersgeborene